Christian Bale

Christian Bale
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Christian Bale in 2014 op die Berlynse Rolprentfees.

Geboortenaam Christian Charles Philip Bale
Geboorte 30 Januarie 1974 (1974-01-30)
Haverfordwest, Pembrokeshire, Wallis, Brittanje
Nasionaliteit Brits
Beroep(e) Akteur
Aktiewe jare 1982–tans
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Christian Charles Philip Bale (* 30 Januarie 1974–) is ’n Britse akteur.[1][2] Hy het al in groot rolprente gespeel en in kleiner produksies van onafhanklike vervaardigers en kunsateljees.

Hy het op 13 aandag getrek in Steven Spielberg se Empire of the Sun (1987). Hy het die rol vertolk van ’n Engelse seun wat tydens die Tweede Wêreldoorlog van sy ouers geskei raak en verdwaal, en hom eindelik bevind in ’n Japannese konsentrasiekamp.[3] In 2000 het hy lof gekry vir sy uitbeelding van die reeksmoordenaar Patrick Bateman in American Psycho. Hy gaan tot uiterstes om vir ’n rol voor te berei; dit was veral die geval met die sielkundige riller The Machinist (2004), waarvoor hy 28,5 kg verloor het om die rol van Trevor Reznik te vertolk.[4]

Bale het internasionaal meer bekend geraak vir rol as Bruce Wayne/Batman in Batman Begins (2005), The Dark Knight (2008) en The Dark Knight Rises (2012). Vir sy spel in The Fighter (2010) het hy ook groot lof gekry asook verskeie pryse, onder meer ’n Oscar vir beste manlike byspeler. Nog noemenswaardige rolle was in American Hustle en The Big Short.

  1. "Q&A with Christian Bale" (in Engels). Phase9.tv. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Desember 2019. Besoek op 3 Desember 2012.
  2. "Christian Bale: American Psycho" (in Engels). IMDB News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Augustus 2012. Besoek op 21 Julie 2008. I was born in Wales but I'm not Welsh – I'm English
  3. Singer, Leigh (19 Februarie 2009). "Oscars: the best actors never to have been nominated". The Guardian (in Engels). Londen. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Desember 2011. Besoek op 26 Februarie 2010.
  4. "Christian Bale Lost 63 pounds and get other 110 in less than 9 months!" (in Engels). Allvoices.com. 22 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Januarie 2014. Besoek op 6 Januarie 2014.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy